IsabellaNiehaus Bella's Blog

Die storie van ‘n Mark

Vroeg op ‘n Saterdagogged sewe jaar terug vat ek pad Hermanus toe. Hermanupietersfontein toe. Dis markdag. ‘n Unieke klein kosmark. Uitmuntende produkte. My jare lange vriend Gerrie Heyneke. Gerard en Anuta Scholtz. Vreemdes wat tafels deel.Wyn uit die kelder, kaas en charcuterie. Olywe. Pasteie. Groente. Die lys is lank en al wat jy wil doen is proe en inpak. Daardie Saterdagoggend byt die markgogga. Maak dit die ‘mark madame’ in my wakker!

Kort daarna kry ek die kans om ‘n kosmark in Vredenburg te begin. Die IPIC centrum het so lekker deurloop met winkels aan beide kante. Genoeg parkering. Ons hang chandeliers vol draad- en hout visse, emmersvol aronskelke. Kosvriende van oral kom met hulle produkte. Dit is hier waar Koekedoor finalis Sanet Eigelaar, toe nog onderwyseres, met haar Cup of Cake begin. Dit is ook hier waar ek my kosbare vriendin Kotie van Tonder en haar ‘mushroom kebabs’ leer ken. Waar ek vir die eerste keer weer hoenderpastei en skilferkors eet soos my ma Issie dit gemaak het. Tannie Lucy Carstens se pasteie. Daardie deeg is 30 of 40 of 50 keer in die lug gegooi. Die vulsel is net hoender. Soms het ek Tannie Lucy by die afdraai na Moorreesburg gery en pasteie oorgelaai. Ander kere in Hopefield by die NG Kerk. So het ek gery en goed opgetel en Vrydaeaande self gebak. En vroeg Saterdagoggend is ek en Tannie Alida en haar span pannenkoekbakkers van Saldanha 8 uur op ons pos! ‘n Ontploffing van lekkerte en mooi in in deurloop in Vredenburg.

Op ‘n dag trek ons klomp met ons markgoed metropolis toe. Na die hart van Woodstock. En daar begin ‘n nuwe seisoen in my lewe. ‘n Seisoen van uitdagings. Harde werk en groei. Saterdae propvol magic en joy!

Die nuwe speelplek is die Palms, Sir Lowryweg, Woodstock. Die mooiste gebou met sy höe koepeldak. Op ‘n tyd die ín plek vir dekor . Hartseer. Maar met so baie plekke, word dit ‘n stil amper hartseer gebou.

Die mark bring voete. ‘n Lewendigheid elke Saterdag. ‘n Energie met sielsmense. Musiek en ‘regulars’ en honde en kinders en mandjies wat gepak word met die week se eetgoed.


n Plattelandse mark in die stad. Nooit sou ek kon droom dat dit die vyf en ‘n half jaar my grootste lekkerte by ‘n mark sou wees nie. Was nie deel van my beplanting van my ‘journey nie.

Saterdae oggende 3 uur het ek opgestaan, gebak. Vir liewe David langs die pad opgetel in Vredenburg en met quiches en oester en mossels en vonkel…gasbottels en potte en panne en ‘n lied in my hart Woodstock toe gery!

Gert Heunis van Omnigro (toe eienaars van The Palms) was my werkgewer. My vriend. Hy’t my vryheid gegee om Saterdae ‘n kosteater te skep. Saam met Spekko Rys en Junita Cuff en Kobie Richards het ons ‘n ‘cookoff’begin. Rys en biejtje geld se bestanddele en jy maak magic. Ons kosredakteurs, chefs, radio en TV persoonlikhede kom kook. TV en tydskrifte het kom kuier om te skryf oor die mark en die ongelooflike mense wat hulle Saterdae opgee om rys te kook!. Dit maak ons mark anders. Gee dit ‘n identiteit van sy eie!

Maar: altyd ruggraat van die mark is die ‘traders”. Die mense wat al Vrydae begin kook en bak vir Saterdag se mark. Die mense wat met trots hulle tafels mooi en volpak met die hoogste gehalte produkte. Saterdag na Saerdag .

En dan is daar die vriende van die mark. Wat week na week kom kuier, ‘n glasie drink en familie geword het.


Kotie van Tonder van Somersaveld op die pad tussen Hopefield en Darling pluk vroegoggend haar sampioene en ry deur. Kotie het die mark saam met my begin. Ons stap die lekkerste pad saam. Daar is Karen Hart. Heksie van Toorkombuis wat die Kaap oorrompel het met haar romany creams. Saterdae oggende drie uur begin sy bak in haar huis in Rhodeslaan, Woodstock. Leona Breytenbach…die lemon merrinque/sjokoladekoek en koeksuster koningin van die mark. Willie en Mathie de Klerk met hulle melktert jaffels. Cathy en Nigel Brophy met die best beste ontbyt. Die kinders van Rosemead Artisinal Bakker net buite Yzerfontein wat twee uur op ‘n Saterdag being bak en as ek stop om die brood op te tel, word dit nog stomend warm in my vantjie gepak. En so ek kan ek nog lank aangaan. Jerald Blabber maak Messe uit afval staal .Ann van Four Paws wyn. Nick die schwarma koning. Thelma en George met smelt in die mond samoosas. Uma en Stanley se springpolls en chilli bites… mn my liewe vriend Ahmed die koffie en ‘juice’ man. Die eerste koppie koffie by die mark is myne om te proe!

Geinspireer deur die brocante markte van Frankryk begin die Kattebakmark. Vintage en bric a brac. Dit bring ‘n nuwe dimensie aan die wonderlik gebou. Maak die gange van die balkon vol met nostalgie en ‘n paradys vir ‘n snuffelaar. Sam. Mooi Samantha Hanlon help en en bou dit tot ‘n mark met sy eie lekkertes en aanhangers.

Saterdaeoggende vat ek die afrit van die N1 na Woodstock. Hou ek stil by die vierrigting stop in Albert Rd om regs te draai.Net daar begin ek die lekkerte van die stad voel so snuagtige krieuweling in die maag! Die opwinding van nog ‘n mark dag. Vroegoggend word vir vyf jaar al diezelfde CD gespeel…kom Penny of Chanti of Margi die trappe af met ‘n : môre Bella. Kom die ‘casuals’ in om te help met kragdrade en ekstra tafels uitpak en dikwels om my stress so effe te verlig! Na aan my hart is Bernard Fielies en Gavin. Bernard is ook ‘n pastoor. ‘n Skrywer/digter.’ Siels en gevoels mens en het vir my sovele waardevolle lesse geleer.

Vir nou is die seisoen van ‘market madame’ eers verby. Dit is tyd vir iets nuuts

Maar die lekkerte. Die goeie vriende. Die wonderlike tye bly vir altyd deel van my pad.

Tot ‘n volgende keer

Bella Isabella Niehaus.

(will not be published)
(optional)
remember me
subscribe to updates