IsabellaNiehaus Bella's Blog

n Langtafel op ‘n Duin!

Na maande se swoeg en sukkel. Van kopie wis. Van die HELE BLOG wis is die Duinhuis se eie webblad en blog weer aktief. Daar was ure se sit in wi-fi vriendlike koffiewinkels in die metropolis waar ek my dierbare fotograaf vriend Francois Pistorius na ‘n oormaat ‘bubbles’gedryf het met vrae en foute! En toe op ‘n aand kon Taro PUBLISH druk! En toe druk ek twee weke later DELETE! En nou probeer ons weer!

I’ll write some of the blog in English for friends to follow bits and pieces of it.

Langtafels op my Duin is nou ‘n instelling. Dit is hier waar ek die magic van die sementhuis kan deel. Waar die lekkerste mense bymekaar kom en ons grootste gemenedeler ons liefde vir kos en wyn en mense en mooi is!

The Langtafel started randomly about four years ago. The concept born from my desire to share joy and moments of magic and the special setting of my home with others.

A few weeks ago was a first on the Dune. First time for me to sit at my own table and let someone else do the cooking. And I couldn’t have asked for anyone more perfect. Mynhardt Tobias Joubert is a humble, soft spoken gentleman. An amazing chef. His food is real and so is he!

Die mis lê dik vroegoggend Sondag toe ‘n bussie buite stilhou. Dis Mynhardt. En Frikkie en Sofie. Sommer gou word my rooi sement kombuistafel omskep in ‘n lekker aktiewe werkplek.

Na ‘n vinnige sigaret en koppie sterk koffie begin Mynhardt en Frikkie toor . Geure begin deur die huis trek. Volg jou bo na die slaapkamers. Buite op die dek. Af garage toe.

In die kombuis is daar ‘n wonderlike kalmte. David Kotze, of soos ons hom noem ,Dowie maak oesters oop. Liewe Elsie Ruiters stryk servette en Karen Moyle,aka Miss Lelie, dek die tafel .

It is ‘n Winter White menu paired with white wines from the KWV Mentors range. To fit this the wooden tables are set with bowls of huge white mussel shells. The odd periwinkle shell and delicate bunches of fynbos. The smallest white flowers. White linen serviettes and a mish mash of cutlery.


Die son breek deur net voor die gaste arriveer. My hele sitkamer staan buite op die dek. Die deure is oopgegooi. ‘n Duin vol fynbos. En dan ‘n spier witte strand.

n Reuse silver skinkbord met vars oesters word uitgedra. Dikskil suurlemoen uit Mynhardt se tuin met’n effe soeter smaak en KWV se Taillefert MCC word bedien

Voor die huis aan die see se kant lê duisende oesterskulpe. Als wat al hier geeët is. Daar is’n lekkerte om jou oester te slurp en net die skulp in die tuin te slinger!

Die ete begin . Linne servette sag vasgebind met tou. Vars brood. Bokkom botter. En voor elke gas ‘n glasie KWV Cruxland jenever. ‘Tonic’ in ‘n fles. ‘n Vars amandel/heuning/kaneel en gemmer. Meng jou eie G&T hier op die Duin.

Eerste gereg. Blomkool sop met truffelolie. Wyn: Chenin Blanc. Die heel heel lekkerste sop!! Glo my!

Next on the menu: risotto arancini with exotic mushrooms and shavings of lamb…or for the non meat eaters smoked snoek from the pantry of Charlie’s in Saldanha ( by the way, the best ever smoked snoek!!) Wine: Grenache Blanc 2011.

Followed by baked camembert with almonds served on grilled pears. Paired with a KWV Chardonay 2012. And the finale: wit sjokolade koek met sjampanje roomys bedien met’n 2013 Noble Late Harvest.

So eindig nog ‘n dag propvol magic op die Duin.

n ANDER TOPIC
Om al my hoë hakke, rokke en brille met name te verruil vir lang t-shirt rokke en visplakkies was nie net ‘n ‘n groot besluit nie. Maar ‘n besliste keuse.

Living on my Dune is at times a secluded life. BUT: the energy, the peace and the challenge to make do with what you have available 120 km from the biggest store has become my life.


Stad toe ry vir goeie koffie en ‘n lekker lunch . Verkeer. ‘n Besige mall. Flieks. Teater. ‘n Goeie wynwinkel. Dit vat jy alles so in jou ‘stride’.

Hier is die groen groener in die winter. Die eerste witblommetjies ‘n deken van sneeu met oranje ‘patches’. Hier is die somers dor en lelik en beeldskoon. Als in een. Die son sak soos nêrens anders.

Hier eet die skilpaaie roket. Thaise basilie. En jong vars beetblare. Hier kattermaai hulle onder jou stoep. En volgende jaar is daar die kleinste klein wonderwerkies onder die einste roketblare.

My eie stukkie hemel. Wat ek met groot liefde met ander deel.My stairway to this pièce of heaven!

NOG ‘n ANDER TOPIC:
Ek wil tog so graag bak.
Nou het ek oral gesoek en uiteindelik die perfekte ‘scone’ resep gekry wat tot ek kan maak. En elke keer is dit ‘n wenner. Ek het die idee op Annelien Pienaar se blog BOEREKOS Met’N Twist gekry en dit my eie klein twist gegee.!

500g Bruismeel
5ml Sout
500ml Karringmelk
250ml parmesan kaas/ cheddarkaas
vars of gedroogde tiemie

Meng alles saam. Dit is ‘n klam/nat deeg. Ek bak dit in kolwyntjie pannetjies. Skep driekwart vol en bak vir 15 tot 20 minute teen 180 grade.

ONTHOU: jy skuld dit aan jouself om ELKE dag oomblikke van magic en joy raak te sien en in te drink!

Tot ‘n volgende keer
Bella Isabella.

Bella Miss Magic. Jy skryf met passie soos jy lewe as ek my oe toemaak kan ek dit sien. En daai stairway to heaven het ñ asemrowende uitsig as jy bo kom. Groot druk vir jou.

So pragtig en digterlik geskryf.
Elke besoek aan die Duin is 'n belewenis, stukkies 'memories' wat gebêre en weer uitgehaal kan word !
Sien uit na nog baie kuiers by jou Miss Bella ! xxx

Marietjie Koekemoer- Swanepoel

"Hier eet die skilpaaie roket. Thaise basilie. En jong vars beetblare. Hier kattermaai hulle onder jou stoep. En volgende jaar is daar die kleinste klein wonderwerkies onder die einste roketblare.

My eie stukkie hemel. Wat ek met groot liefde met ander deel.My stairway to this pièce of heaven!"

Min mense wat ek ken skryf so eerlik en rein. Sonder enige opsmuk en dit is wat Bella so besonders maak. Dit wat sy so muldelik en vrygewig aanbied op haar Duin, aan onse mense.

'n Moeviese voorreg om haar volle, hartlike aanbieding te kan beleef en smaak.

Marietjie

Vrydag aand 22:50, 30 Junie 2017

Toe ek nou hier op jou blog jou skons resep lees, spring Peter op en haas hom kombuis toe om die skons te gaan maak.

Dus sal ons so teen 23:20 heerlike warm Isabella's skons eet op hierdie koue renerige aand in die Wildernishoogte boshuis !

Trudie Niehaus en Peter Swanepoel

Hi ISabella........jy het op Kyknet se Kook en Geniet verlede week patats gaargemaak. Sal jy asb so gaaf wees om die resep met my te deel?

Luzette van Niekerk

Hello Isabella

Ek het op 23 September die kookklas bygewoon saam met Rene Stassen en Antoinette mouton. Wat 'n ongelooflike ervaring in 'n unieke fantastiese mooi huis.

ongelukkig het ek my resepte verloor. is daar ,n moontlikheid dat jy dit vir my per epos kan aanstuur? sal dit verskriklik waardeer.
Dankie

Dit klink hemels.

Hoe maak mens om plek te bespreek aan hierdie magiese langtafel?

Grootte van groep as ons ons eie spannetjie natuur, kos- en wynliefhebbers bymekaar sit?

Cecille Scheepers

Die eerste keer dat ek dit lees. Jy skryf dit só lekker. Ek proe Mynhard se sop en sluk heerlik aan die wyn, sien in my geestes oog die wit duin, die blou see en die blomme..... Klink salig. Lekker bly in die mooi deel van ons land. Hoop om eendag aan jou tafel te sit.

Hello!

Love the mom content on your site! You know, most websites get traffic from their blogs, and we feel that you could use a little help, since you are not blogging weekly yet.

Blogging takes a lot of time, and we have just the team to come up with great content you are looking for.

You can have your new article to post on your website starting at $10 in as little as 5 business days!

Check out our work and reviews from happy clients here: https://goo.gl/KGRAi4

Thanks for your time,

Enjoy the rest of your day.
Wilbur

You are receiving this email because the contact form at isabellaniehaus.co.za is open to the public.
If you like to opt-out of future communications from us, please submit your request here:

https://goo.gl/u4rPbG Unsubscribe to stop getting our emails.

(will not be published)
(optional)
remember me
subscribe to updates